'Vuur en Water
Jy is soos petrol op die vuur
ʼn Vuur wat al lankal warm brand
Die skrif was al lankal teen die muur
Ek stry teen myself maar ek kies geen kant
Ek het jou te bedank daarvoor
Dit neem my oor
Sien ek brand in my oë
Bridge
Gee my ‘n kans, probeer my verstaan
Want ek wil verstaan hoe ek so kan voel
In water en lig, sien ek jou gesig
My vuur in die nag, my hoop my doel
Die vlamme word groter by die dag
Jaag soos ʼn storm deur die nag
Die vlamme brand groter dag by dag
Niks kan dit keer nie
Chorus
Die vuur brand al groter, ek veg dit met water
Niks kan dit keer nie, ek het nie beheer nie
Hoe later hoe kwater, die vuur brand met water
Ek kan dit keer nie, verloor jou nie weer nie
Ek kan dit nie keer nie (Ek kan dit nie keer nie)
Kan jy die vlamme in my oë sien?
Hoe later hoe kwater, die vuur brand met water
Kan jy die vlamme in my oë sien? (x2)
Verse 2
Ek probeer my gevoelens ignoreer
Maar hoe ignoreer jy n hart wat brand?
My gevaarlikste dwelm ek soek net meer
Ek kan nie die vuur blus dis in jou hand
Ek het jou te bedank daarvoor
Jy neem my oor
Soos ʼn veld wat brand
Bridge
Chorus (x2)
Staan ʼn Bietjie Nader
Vers 1:
Dit voel warm vanaand
Of is dit net jy?
Ek kyk vir jou
Jy kyk vir my
Ek kyk na jou lippe
Jou lippe is nat
My hande wil bewe
As ek aan jou vat
Chorus: (x2)
So staan ʼn bietjie nader aan my sy
Moenie sê jy gaan nou huistoe bly by my
En ek wys jou ek’s die man wat jy wil hê
Wat meer kan ek sê?
Vers 2:
Asem vir asem
Tyd staan nou stil
Ons hart klop soos een saam
Wil net doen wat jy wil
Moenie nou skaam raak
Vir wat jy wil doen
Wat nie nou sin maak
Sal as ons soen
Chorus
So staan ʼn bietjie nader aan my sy
Moenie sê jy gaan nou huistoe bly by my
En ek wys jou als wat ek met jou wil doen
Dis meer as ʼn soen
Bridge:
Sê vanaand jy bly by my (x2)
Ek en jy, net ek en jy
Sê vanaand jy bly by my
Hot chocolate, rooiwyn
Champagne, Sexy-mama
Disco, Rock-&-Roll
Papsopnat, sekskat
Vuurwarm, yskoud
Stroopsoet, lekker stout
Jy’s my girl, ek’s jou man
As jy net by my sal staan
Chorus
So staan ʼn bietjie nader aan my sy
Moenie sê jy gaan nou huistoe bly by my
En ek wys jou als wat ek met jou wil doen
Dis meer as ʼn soen
Stoutseun
Vers 1:
Ek weet ek het gesê jy is die een toe ek jou soen
Maar jou ma soen nogal lekker en ek hou van wat sy doen
Ek’s ʼn gentleman, goeie humorsin, maar ʼn man is nie van klip gemaak
Ek hou ook van my whisky vir ʼn tripple se ek nooit nee
Eintlik down ek enige iets wat jy vir my sal gee
Ja, ek het hare op my bors, jy wil nie met my mors vanaand
Chorus:
Ek’s ʼn stout stout seun
My middelnaam is ‘Trouble’
Ek’s ʼn stout stout seun
Strŏhrum drink ek double
Ek’s ʼn stout stout seun
Ek’t nooit gese ek’s soet nie
Ek’s ʼn stout stout seun
Ooh ek’s so stout
Vers 2:
Ek hou van heavy-metal, ek’s nooit welkom in die kerk
My job kan ek nooit hou nie, want ek speel net by die werk
Ek’s min gespin, my ys loop dun, bly weg van my want moeilikheid’s my naam
Jy kan my nêrens uitvat, ek’s altyd in die stront
Geen girl kon my nog vashou dan loop ek alweer rond
Ek soek vir kwaad, ek bly uit laat, die vonke gaan weer spat vanaand
Chorus
Bridge:
Slaan my boud, want ek’s stout, daar’s iets fout, ooh
Chorus
Ek’s ʼn stout stout seun
ʼn Pakslae sal my nie keer nie
Ek’s ʼn stout stout seun
My les gaan ek nie leer nie
Ek’s ʼn stout stout seun
Ek’t nooit gese ek’s soet nie
Ek’s ʼn stout stout seun
Ooh ek’s so stout
Bridge:
Ek’s stout, ek’s stout, slaan my boud, ooh ek’s stout
Storm Op ʼn Reëndag
Vers 1:
Wat kan ek sê as woorde dit nie kan uitlê
Soos die blomme wag vir reën tot ons weer mekaar sal sien
Ek dink aan jou en ek hoop dat jy ook dink aan my
My hart is by jou tot ons weer mekaar sal sien
Vergeet my tog nooit en onthou ek dink aan jou
Mag ons paaie weer eendag kruis ek hoor jou stem in die wind wat suis
Ek dink aan jou en onthou al die tye en wens jy kon bly
My hart is by jou tot ons weer mekaar sal sien
Bridge:
Goodbye (x2)
Chorus:
Soos ʼn storm op n reëndag sal ons weer ontmoet eendag
My hart bly net by jou
Soos ʼn storm op n reëndag sal ons weer ontmoet eendag
My hart bly net by jou
O my hart is by jou
Vers 2:
Wat kan ek sê die toekoms kan ek nie uitlê
Maar wees seker my hart is by jou tot ons weer mekaar sal sien
Ek sal onthou al die tye o ek wens jy kon bly
Goodbye vir nou tot ons weer mekaar sal sien
Bridge:
Goodbye (x2)
Chorus:
Soos ʼn storm op n reëndag sal ons weer ontmoet eendag
My hart bly net by jou
Soos ʼn storm op n reëndag sal ons weer ontmoet eendag
My hart bly net by jou
O my hart is by jou (x2)
Bridge:
Tot ons weer mekaar sal sien (x4)
Soos ʼn storm op n reëndag sal ons weer ontmoet eendag (x2)
Chorus
|
 |
Ons Bly No 1
Ek weet nie van jou nie, maar ons gaan nie vou nie
Julle kan ons nie keer nie, glo maar vir my
So doen maar die reëndans, want jy weet julle’t geen kans
Niks gaan ons stop nie, nie eens die reën
Chorus:
Julle kan maar vêr op sy staan
Ons gaan nie stop nie ons hou aan ons gaan verby gaan
Julle kan maar vêr op sy staan
Ons bly nommer een
Verse 2
Soos politiek op ʼn leë maag gaan ons julle seer saag
Julle gaan dit nie like nie so staan maar op sy
Soos ʼn drom in die diep see bly julle nommer twee
Soos ʼn spitbraai op Henties bly ons nommer een
Chorus (x2)
Bridge:
Julle kan maar vêr op sy staan
Julle kan maar vêr op sy staan (Ons bly nommer een)
Julle wens julle was in my span (Ons bly nommer een)
Julle kan maar vêr op sy staan
Verse 3
Wys my jou tande en lig op jou hande
Sak nou jou een hand en sing saam met my
deeee o – eeeee o – wie’s nommer een –
deee o – eeee o – ons bly nommer een
Chorus: (x2)
Bridge:
Julle kan maar vêr op sy staan (Ons bly nommer een) (x2)
Chorus
Ons bly nommer een (x2)
Sal Jy Wag Vir My
Vers 1:
Ek soek al my lewe lank vir iemand soos jy
Jy moes gaan vêr hiervandaan en ek moes hier bly
So gaan die tyd verby so stadig verby
Sonder jou by my dit gaan my onder kry
So sal jy…
Chorus:
Sal jy wag vir my?
Girl ek kom jou kry
Dis n vêr pad, n vêr pad
Om by jou uit te kom
Voor die nag is om
Dis n vêr pad, n vêr pad
Ek mis om jou vas te hou en net by jou te wees
Ek sal wag my lewe lank net om by jou te wees
So sal jy wag vir my? (x2)
Vers 2:
Ek kan nie meer langer wag om jou vas te hou
Ek ry vanaand deur die nag dan kom haal ek vir jou
Jy weet ons hoort bymekaar ek wens ek was daar
Om jou te wys hoe ek voel ons is vir mekaar bedoel
So sal jy…
Chorus
Bridge:
Sal jy wag vir my?
Ek sal wag vir jou
Girl ek kom jou kry
Chorus
Bridge:
Sal jy wag vir my?
Ek sal wag vir jou
Girl ek kom jou kry
Jy behoort aan mySal Jy Wag Vir My
Sexy Meisie
Vers 1:
Jou smile maak my mal ʼn bietjie mal
En jou lyf ja ek sal ek weet sal
Probeer om te se ek wil jou he vanaand
Sexy meisie ek wil jou hê en ek weet jy kan dit sien
Hoe ek staar jy wen al klaar ek gee jou tien uit tien
Wat maak jy nou wat doen jy aan my vanaand?
Chorus:
Sexy meisie sê my wat’s jou naam
Hoekom lag jy jy weet jy maak my skaam
Damn jy’s sexy ek dink ons hoort saam
Jy’t ʼn boyfriend o wat’s sy naam?
Verse:
Ek gaan jou vra ek wonder wat’s jou naam
Girl jy maak my klaar en nou’s ek weer te skaam
Om vir jou te sê ek wil jou hê vanaand
Dis hoe jy smile vir my
As jy kyk vir my
Ek weet ek gaan jou kry as ek vir jou sê vanaand
Chorus
Bridge:
Ek hou van jou my lewe maak weer sin
Ek weet ek hou van jou die aand sal ek nooit vergeet
As ek jou kan soen jy weet
Chorus:
Sexy meisie nou weet ek jou naam
Damn jy’s sexy ek dink ons hoort saam
Ek dink jou boyfriend weet presies wat ek met jou wil doen
As hy sy oe net wil knip gaan ek jou soen (x2)
Lekker Verjaar
Vers 1:
Hoog brand die vure ons almal is hier
Nooi oor die bure om saam te kom vier
Hoekom lyk jy so suur
Jou persente was duur
Jy’s nog glad nie oor die muur
Chorus:
Die tyd het gekom, die kalender blaai om
Jou jeug kom nooit weer, jy raak ouer elke keer
Maar soos goeie wyn van ou hou ons net nog meer van jou
Jy moet lekker verjaar ou maat
Jy moet lekker verjaar
Jy moet lekker verjaar ou maat
Jy moet lekker verjaar
Vers 2:
Nog ʼn kers op die koek jy weet jou jare is verby
As mense om die koek staan om warm te kry
Raak nou te warm vir my
Blaas uit die kerse dis verby
Hip hip hooray
Chorus
Bridge:
Laat skiet die vonkelwyn
Eet koek tot jou maag pyn
Hoop jou droom word waar
Lekker verjaar ou maat
Jy moet lekker verjaar
Jy moet lekker verjaar ou maat
Jy moet lekker verjaar
Bittersoet Liefde
Vers 1:
Jy’t my laat glo ek is die een met wie jy jou lewe saam wil deel
Eweskielik is jou hart in twee, iemand anders waarvoor jy omgee
Alles wat mooi was is nou verby, weet jy wat jy doen, weet jy jy breek my?
Bridge:
So bly maar stil ek weet wat jy wil sê
Jy sê jy’s seker dis wat jy wil hê
Chorus:
Kyk wat jy doen, jy skeur my hart met n bitter soen
Jy’s soos gif in my bloed
Jou liefde was altyd bittersoet
Jy weet wat jy doen, om my hart te skeur met 'n bitter soen
En nou’s ons verby
Jy breek my met n bitter soen
Vers 2:
Kyk my in my oë en sê dis klaar, jy sê ons pas nie meer bymekaar
Jy sê, jy wil my nie seer maak met wat jy doen, maar jou lippe’s soos lemme toe jy my soen.
Moet ek alles vergeet tussen jou en my, moet jy my soen, weet jy jy breek my?
Bridge:
Jy sê jy’s seker dis wat jy wil doen
Jy loop uit my lewe met n soen
Chorus
Bridge:
Jy’t my laat glo ek is die een (x2)
En nou’s ons verby (x3)
Chorus
Kyk wat jy doen, jy breek my…
|
 |
Tierkat
Om te kyk was nog nooit n sonde
Maar hoekom voel dit of ek sonde doen
Mooi was nog nooit nie lelik
Ek droom al hoe ek haar sal soen
Barman gooi maar nog daar n glasie
Ek weet nie wat ek met myself gaan doen
Ek kan nie ophou om vir haar te kyk nie
ʼn Liedjie draai in my kop en ek hou haar lyfie dop
Chorus:
Girl jy swaai daai lyfie om
En ek staan en staar verstom
Jy’s soos ʼn tier op die vloer
Verskoon my as ek loer
Jou ass maak my mal
Ek het vir jou geval
Maak wat jy wil
Ek wens jy was my girl
Jou ass maak my mal
Ek het vir jou geval
Verse 2
Sy sweef net soos ʼn engel
Maar smile ook soos die duiwel sal
Ek kan nie glo dit het met my gebeur nie
Ek’t soos n sucker vir die girl geval
Barman gooi maar nog daar ʼn glasie
Terwyl ek na haar boude staar
Speel in my kop ʼn wysie
En die liedjie wil nie stop en ek hou haar lyfie dop
Chorus
Bridge:
Jy’s die meisie van my drome
Vir wie ek lankal wag
Jy’s ʼn duiwel op die dansvloer
Jy’s ʼn engel van die nag
Jy’s die meisie van my drome
Ek het vir jou geval
Jy’s ʼn tierkat op die dansvloer
En jou ass maak my mal
Chorus (x2)
Soos perskes en room
Jy’s die girl van my droom
Jou ass maak my mal
Ek het vir jou geval
Om en Om
Vers 1:
Ons gaan kuier en dis verseker
Almal is hier om die nag te vier
Vat ʼn kans en vra ʼn girl om te dans
Die dromme skop en die kitare kook nou
Laat die wysie jou voete lei
Wie’s nou skaam almal saam kom ons kuier die nag verby
Chorus:
Manne gryp julle girls en draai
Om en om laat die lyfies swaai
Moenie stop nie kom ons maak ʼn groot lawaai
En draai in die rondte om en om
Ons gaan dans tot die môre kom
So draai jou meisie om en om
Ons gaan kuier tot die son opkom
So dans net om en om en om
Vers 2:
Dis versie twee doen weer soos netnou
Die meisies draai en die manne dans
Almal kook ekke ook ons hou nie terug nie vanaand
Check dit uit tel tot drie en hy het jou
Die song’s gemaak om die aand te vier
1,2,3, raai met wie wil ek boogie vanaand
Chorus
Bridge:
Manne gryp julle girls en draai
Om en om en dan sing ons dit weer (Kom nou)
Gryp julle girls en draai
Om en om en dan sing ons dit weer (Kom nou)
Ek love dit hoe die meisies swaai
Om en om en dan sing ons dit weer
Ek love dit hoe die meisies swaai
Om en om en dan sing ons dit weer en weer en weer en weer
Chorus (x2)
Dans vir My
Vers 1:
Ek het nooit gedink daar bestaan meisies soos jy
Die tipe wat jy net in storieboeke kry
Jy's so oulik jy’s so sexy net die mooiste vir my
En ek wonder of jy hier op die aarde bly
Chorus:
Dans vir my o dans vir my alleen
Sê vir my o sê ek is die een
Sê ek is die man
Met wie jy huistoe gaan
Dans vir my o dans vir my alleen
Vers 2:
Toe jy smile en vir my kyk ek’t geweet dis verby
My hart klop soos ʼn bom toe jy dans net vir my
Dis hoe jou heupe swaai, geen girl doen dit soos jy
Ek kan nog steeds nie glo daar bestaan meisies soos jy
Chorus
Bridge:
Dans n dans n dans vir my (x4)
Chorus
Dans n dans n dans vir my (x4)
Dis Nie Rock As Jy Dit Nie Kan Hoor
Vers 1:
Onthou jy al die great bands soos The King en Queen
Die Beatles en die Rolling Stones en Bruce Springsteen
O speel dit weer en speel dit hard
Gee my nog meer en meer, nog een laaste keer
Chorus:
Gee my meer en meer en meer
Speel dit nog harder weer
Meer en meer en meer
Nog net een laaste keer
Meer en meer en meer want anders klink dit goor
Dis nie rock as jy dit nie kan hoor (x3)
Vers 2:
Dit klink so reg, o blaas my weg, verloor beheer
Moenie my nou stop nie nog een laaste keer
Moenie jou ouma bring as ons gaan sing
O wil jy rock herwin, jy moet net sing en sing
Chorus
Bridge:
Gee my net meer
Speel dit net weer
Gee my net meer
Dis nie rock as jy dit nie kan hoor (x3)
Chorus
Een In ʼn Miljoen
Vers 1:
Sing, sing soos die wind
Lag soos ʼn kind
Die lewe is ʼn lied
En jy’s een in ʼn miljoen
Maak foute, want so sal jy leer
Jy leer elke keer
Solank jy probeer
Jou lewe is joune
Niks en niemand kan keer
Jy kan word wat jy wil
Die keuse is joune
Jy moet glo in jouself
Chorus:
Want vandag kom nooit weer
Jy kry dit net eenkeer
Jy lewe net eenkeer
So wat wil jy wees?
Hou op lewe in vrees
Want vandag kom nooit weer
Jy kry dit net eenkeer
Jy lewe net eenkeer
So wat wil jy wees
Hou op lewe in vrees
Vers 2:
Eendag sal kom
Ons almal sal sien
Ons almal is een
Een in ʼn miljoen
Soos sterre wat nie sal skyn
Sonder die son
Wees lief vir mekaar
Moenie wens jy kon
Chorus
Doen meer, meer as gewoonlik
Soveel is moontlik
Niemand leef weer
O jy kry dit net eenkeer
Doen meer, meer as gewoonlik
Soveel is moontlik
Niemand leef weer
O jy kry dit net eenkeer
|
|